Die witogie (Aplocheilichthys macrurus) is 'n varswatervis wat in die Kunenerivier voorkom. Daar is ook onbevestigde berigte dat die vissie in die Okavangorivier en die Cuanzarivier in Angola voorkom. In Engels staan dit bekend as die White-eye topminnow.

Identifikasie Die vissie het 'n slank lyf met die dorsale vin wat agter op die rug en kleiner as die anale vin is. Die stertvin is ietwat bolrond. Die vis is deurskynend ligbruin van kleur met donker rante op die dorsale en middellyf skubbe. Daar is ook 'n donkerbruin of swart streep op die snoet net agter die oog. Die vis is wit aan die onderkant. Die skubbe net agter die kieue en bo die pektorale vinne is blouerig. Die vissie word tot 35mm  lank.

Habitat Die vis leef aan die beboste oewers van riviere en vloedvlaktes van die hoofrivier.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Verwysings

Bron A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.

Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Aplocheilichthys-macrurus.html

Kategorie:Beenvisse