Clayton Blommetjies is 'n jong Suid-Afrikaanse rugbyspeler wat vir die Vrystaat Cheetahs in die Curriebeker speel. Sy gereelde posisie is heelagter of vleuel.

Loopbaan Nadat hy as jongeling vir Boland Kavaliers gespeel het, sluit hy by die Blou Bulle aan gedurende 2009.

Hy het 'n totaal van 26 wedstryde in die Vodacombeker gespeel en sy Curriebekerdebuut in die openingswedstryd van die 2012 Curriebeker Premierafdeling teen die Griekwas gemaak. Hy het Tuks ook in die Varsitybeker in 2009, 2010 en 2011 verteenwoordig.

Hy het by die Vrystaat Cheetahs aangesluit in Augustus 2014.

Verwysings

Eksterne Skakels

Blue Bulls Spelerprofiel itsrugby.co.uk profiel

Kategorie:Suid-Afrikaanse rugbyspelers Kategorie:Geboortes in 1990 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Geboortes in 1989 Kategorie:Cheetahs rugbyspelers