Messier 107 of M107 (ook bekend as NGC 6171) is ’n baie los bolvormige sterreswerm in die sterrebeeld Slangdraer. Dit is in 1782 deur Pierre Méchain ontdek en in 1793 onafhanklik deur William Herschel.
M107 is eers in 1947 deur Helen Sawyer Hogg in Charles Messier se katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem saam met drie ander voorwerpe wat deur Méchain ontdek is. Dit is die laaste bolswerm in die katalogus.
Dit is sowat 20 900 ligjare van die Aarde af. Daar is sowat 25 bekende veranderlike sterre in die swerm.
Verwysings
Eksterne skakels SEDS: Messier 107 Galactic Globular Clusters Database
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
C107 Messier 107 Kategorie:Slangdraer (sterrebeeld) Kategorie:Sterreswerms