Messier 109 of M109 (ook bekend as NGC 3992) is ’n staafspiraalsterrestelsel sowat 83,5 miljoen ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Groot Beer. Dit is in 1781 deur Pierre Méchain ontdek en is eers heelwat later amptelik aanvaar as lid van Charles Messier se katalogus van komeetagtige voorwerpe.

Eienskappe M109 is die helderste sterrestelsel in die M109-groep, ’n groot groep sterrestelsels in die Groot Beer met dalk meer as 50 stelsels. Dit het drie satelliet-sterrestelsels (UGC 6923, UGC 6940 en UGC 6969) en dalk meer.

In Maart 1956 is die tipe 1a-supernova 1956A in M109 gesien. Dit het ’n maksimum skynbare helderheid van 12,3 mag gehad.

Verwysings

Eksterne skakels M109, SEDS M109

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Groot Beer C109 Kategorie:NGC-voorwerpe Kategorie:Spiraalsterrestelsels