Die Kolstert-muskietvis (Phalloceros caudimaculatus) is 'n varswater vis wat inheems is aan 'n streek in die suide van Brasilië tot by Paraguay. In Suider-Afrika kom dit voor in die Ruorivier in Malawi.
Voorkoms Die vis lyk baie soos die Muskietvis met 'n lang gonopodium wat 'n haak op die punt het. Die vis is deurskynend olyf bruin met 'n bruin kol waar die kieue deksel begin. Daar is ook 'n glinsterende blou skynsel op die onderste gedeelte van die kieue deksel. Party visse het verspreide swart kolle op die lyf. Die mannetjie word 35 mm en die wyfie 60 mm lank.
Habitat Die vis vreet klein water insekte en ongewerweldes maar is minder aggressief as die muskietvis. Tot 50 kleintjies word op 'n slag gebore; die vis is ovivivipaar.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.
Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Phalloceros-caudimaculatus.html
Kategorie:Beenvisse