Die Tralielampogie (Micropanchax hutereaui) is 'n varswatervis wat in die Okavangorivier, die boonste gedeelte van die Zambezirivier, die onderste gedeelte van die Shirerivier, die Pungwe-Buzirivierstelsels naby Beira, die Luapularivier en ook gedeeltes van die Kongorivier voorkom. In Engels staan dit bekend as die Meshscaled topminnow.

Voorkoms Die vissie het 'n kort, diep lyf en die stertvin is bolrond. Die vissie is deurskynend geel met ligte, glimmende blou skynsels vanaf die skubbe. Die irisse in die oë is glinsterend turkoois terwyl die rante van die skubbe swarterig lyk en die vis sy tralievoorkoms gee. Die dorsale-, anale- en stertvinne het swart vierkantige kolle op. Die vissie word tot 35 mm lank.

Habitat Die vis leef in vloedvlaktes en moerasse.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.

Verwysings

Eksterne skakels https://www.fishbase.de/summary/8383 fotos op iNaturalist.org

Kategorie:Beenvisse