Die Natalse lampogie (Aplocheilichthys myaposae) is 'n varswatervis wat voorkom in die kusmere en riviere in KwaZulu-Natal; vanaf Kosibaai suidwaarts tot by die Umlazirivier naby Richardsbaai. In Engels staan die vis bekend as die Natal topminnow.
Voorkoms Die vis lyk baie soos Johnston se lampogie. Die mannetjie vissie se dorsale vin is agter op die rug. Die dorsale-, stert- en analevinne is swart met geel rante met geel kolletjies op. Die vissie word tot 55mm lank.
Habitat Die vis leef in beskermde, plantryke areas van mere en goedbeboste riviere. Hulle vreet insekte bv. muskietlarwes en alge. Die wyfie lê haar eiers op die plantegroei.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Verwysings
Bron A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.
Eksterne skakel Aplocheilichthys myaposae by FishBase
Kategorie:Beenvisse