Die Sombrerosterrestelsel (ook bekend as Messier 104 of NGC 4594) is ’n spiraalsterrestelsel sowat 28 miljoen ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Maagd.
Geskiedenis Die sterrestelsel is in 1767 deur Pierre Méchain ontdek en Charles Messier het dit saam met vyf ander voorwerpe (wat nou saam bekend staan as M104 – M109) aangeteken. William Herschel het dit in 1784 onafhanklik ontdek en die teenwoordigheid van ’n "donker stratum" in die stelsel se skyf aangeteken. Dit is nou bekend as ’n stofbaan.
Camille Flammarion het in 1921 Messier se persoonlike lys Messier-voorwerpe gevind en dit het handgeskrewe aantekeninge oor die Sombrerosterrestelsel bevat. Dit is geïdentifiseer as NGC 4594 en Flammarion het verklaar dat dit in die Messier-katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem moet word. Dit is sedertdien ook bekend as Messier 104 of M104.
Eienskappe Die sterrestelsel het ’n helder kern, ’n buitengewoon groot sentrale bol en ’n prominente stofbaan om hom. Die bol en die stofbaan laat dit soos ’n sombrero lyk. Die meeste van die koue atomiese waterstofgas en stof van die stelsel lê binne-in hierdie ring. Die stofbaan is die belangrikste gebied van stervorming.
Die stelsel het ’n skynbare helderheid van byna 9 mag en kan dus maklik met amateurteleskope gesien word. Die groot bol of supermassiewe swartkolk in die middel van die sterrestelsel en stofbaan daarom wek ook die belangstelling van professionele sterrekundiges.
Die Sombrerosterrestelsel het ’n ralatiewe klein aantal bolvormige sterreswerms wat daarom wentel. Dit word op sowat 1 200 tot 2 000 geraam in vergelyking met die Melkweg se sowat 150 bolvormige swerms.
M104 lê in ’n komplekse, filament-agtige wolk van sterrestelsels wat strek tot aan suidelike deel van die Virgo-sterrestelselswerm. Dit is egter onseker of dit deel is van ’n formele groep sterrestelsels.
Swartkolk In die 1990's is in ’n studie onder John Kormendy bevind dat ’n supermassiewe swartkolk in die middel van die stelsel lê. Volgens die studie kan die omwentelingspoed van die sterre in die middel van die stelsel net gehandhaaf word as die swartkolk se massa sowat ’n miljard sonmassas is. Dit is een van die massiefste swartkolke in nabygeleë sterrestelsels.
Verwysings
Eksterne skakels Hubble-mosaïek van die Sombrerosterrestelsel NightSkyInfo.com SEDS: Messier 104
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Maagd (sterrebeeld) C104 Kategorie:NGC-voorwerpe Kategorie:Spiraalsterrestelsels