Messier 106 of M106 (ook bekend as NGC 4258) is ’n spiraalsterrestelsel in die sterrebeeld Jaghonde. Dit is in 1781 deur Pierre Méchain ontdek en eers heelwat later in die Messier-katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem.

M106 is sowat 22 tot 25 miljoen ligjare van die Aarde af. Dit het ’n aktiewe kern, wat as ’n Tipe 2-Seyfert geklassifiseer word, en die teenwoordigheid van ’n sentrale supermassiewe swartkolk is gedemonstreer deur die waarneming van radiogolflengtes van die rotasie van ’n skyf van molekulêre gas binne die binneste ligjaar van die swartkolk af. NGC 4217 is ’n moontlike metgeselsterrestelsel van Messier 106.

’n Tipe II-supernova is in Mei 2014 in M106 waargeneem.

Eienskappe M106 het ’n waterdamp-megamaser (’n megamaser is mikrogolfversterking deur die gestimuleerde uitsending van straling op ’n galaktiese skaal) wat gesien kan word by die 22 GHz-lyn van orto-H2O, wat getuig van digte, warm molekulêre gas. Hierdie waterdamp gee M106 sy kenmerkende pers kleur.Kleurontleding van M106: http://www.bt-images.net/incredible-universe/ Watermasers is nuttig om kernakkresieskywe in aktiewe sterrestelsels waar te neem. Die watermasers in M106 het gesorg vir die eerste direkte meting van die afstand na ’n sterrestelsel.

M106 is een van die grootste en helderste sterrestelsels naby aan ons, en vergelyk in grootte en helderheid met die Andromeda-sterrestelsel. Die supermassiewe swartkolk in die middel het ’n massa van .

M106 het ook ’n belangrike rol gespeel in die opstel van die kosmiese afstandskaal (die metode waarvolgens wetenskaplikes die afstand van hemelliggame bepaal). Voorheen kon Cepheïedveranderlikes van ander sterrestelsels nie gebruik word in die meting van afstande nie omdat hulle omvang van metaalinhoud van Cepheïede in die Melkweg verskil. M106 bevat Cepheïedveranderlikes waarvan die metaalinhoud met dié in die Melkweg en ander sterrestelsels ooreenstem. Deur die afstand van Cepheïede met dieselfde metaalinhoud as in die Melkweg te meet, kan sterrekundiges die afstand van Cepheïede met ’n verskillende metaalinhoud ook meet, en dit verbeter die bepaling van die afstand na ander sterrestelsels in die heelal.

Galery

Verwysings

Eksterne skakels SEDS: Messier 106 StarDate: M106 NGC 4258: Mysterious Arms Revealed

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Jaghonde (sterrebeeld) C106 Kategorie:NGC-voorwerpe Kategorie:Spiraalsterrestelsels