Poeciliidae is 'n vis-familie van die orde Cyprinodontiformes. Die familie bestaan uit twee sub-families: Poeciliinae en Aplocheilichthyinae.
Poeciliinae Hierdie subfamilie is inheems aan Sentraal- en Suid-Amerika en is lewendbarend. Die mannetjie se anale vin is vervorm tot 'n gonopodium. Die meeste van die spesies in die subfamilie is gewilde akwariumvisse en is per ongeluk in Suider-Afrikaanse waters losgelaat. Sommige spesies is ook ingevoer as natuurlike plaagbeheer.
Genera Die volgende genera en gepaardgaande spesies is deel van die subfamilie en kom in Suider-Afrika voor: Gambusia Gambusia affinis - Muskietvis
Phalloceros Phalloceros caudimaculatus - Kolstert-muskietvis
Poecilia Poecilia reticulata - Guppie
Xiphophorus Xiphophorus helleri - Swaarddraer
Aplocheilichthyinae Aplocheilichthyinae bevat agt of nege genera waarvan twee in Suider-Afrika voorkom. Aplocheilichthyinae staan ook bekend as die Lampogies. Die vissies is oor die algemeen klein en hulle leef oorwegend in vlak water met plantegroei en vreet klein organismes wat aan die oppervlak voorkom. Die mond maak na boontoe oop en die sylyn strek net oor die kop. Die mannetjies het langer vinne as die wyfies en is meer kleurryk; tog is dit steeds moeilik om onderskeid tussen die geslagte te tref. Die visse se eiers kan nie verdroging oorleef nie. Party spesies is ook gewilde akwariumvisse en word ook gebruik vir beheer van muskietlarwes.
Genera Die volgende genera en gepaardgaande spesies is deel van die subfamilie en kom in Suider-Afrika voor: Aplocheilichthys Aplocheilichthys hutereaui - Tralielampogie Aplocheilichthys johnstoni - Johnston se lampogie Aplocheilichthys katangae - Streeplampogie Aplocheilichthys macrurus - Witogie Aplocheilichthys myaposae - Natalse lampogie
Hypsopanchax Hypsopanchax jubbi - Suidelike dieplyf-kuilvissie
Sien ook
Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.
Kategorie:Beenvisse