Messier 90 of M90 (ook bekend as NGC 4569) is ’n spiraalsterrestelsel sowat 58,7 miljoen ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Maagd. Dit is in 1781 deur Charles Messier ontdek en in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem.
Virgo-swerm M90 is lid van die Virgo-sterrestelselswerm. Dit is sowat 1°.5 weg van die subgroep wat om Messier 87 gesentreer is.
Baie van die stelsel se interstellêre medium is weggestroop deur sy interaksie met die res van die Virgo-swerm en daarom vind baie min stervorming hier plaas in vergelyking met soortgelyke stelsels buite die Virgo-swerm. As gevolg hiervan is M90 se spiraalarms glad en nie klonterig soos gewoonlik in stervormende sterrestelsels se arms gesien word nie.
Dit lyk egter of daar heelwat stervorming in die middel van M90 plaasvind. Verskeie supernovas in die kern het "superwinde" veroorsaak wat die sterrestelsel se interstellêre medium uitwaai na die middel van die Virgo-swerm.
Verwysings
Eksterne skakels SEDS: Messier 90
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
90090 Kategorie:Spiraalsterrestelsels Kategorie:NGC-voorwerpe Kategorie:Arp-voorwerpe Kategorie:Maagd (sterrebeeld)