Messier 95 of M95 (ook bekend as NGC 3351) is ’n staafspiraalsterrestelsel sowat 32,6 miljoen ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Leeu. Dit is in 1781 deur Pierre Méchain ontdek en Charles Messier het dit in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem. Die kern van die sterrestelsel bevat ’n ringvormige gebied met ’n deursnee van sowat 2 000 ligjare (600 parsek) waar stervorming plaasvind.
Op 16 Maart 2012 is ’n tipe II-supernova, SN 2012aw, in M95 ontdek.
Sterrestelselgroep M95 is een van verskeie sterrestelsels in die M96-groep, ’n sterrestelselswerm in die Leeu. Die Messier-voorwerpe M96 en M105 is ook in die groep.
Verwysings
Eksterne skakels SEDS: Messier 95
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
90095 Kategorie:Spiraalsterrestelsels Kategorie:NGC-voorwerpe Kategorie:Leeu (sterrebeeld)