Messier 96 of M96 (ook bekend as NGC 3368) is ’n oorgangspiraalsterrestelsel sowat 31 miljoen ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Leeu. Dit is in 1781 deur Pierre Méchain ontdek en Charles Messier het dit in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem.
M96 word geklassifiseer as ’n dubbelstaaf-spiraalstelsel met ’n klein binneste uitstulping deur die kern asook ’n groter uitstulping. Variasies in die ultravioletstrale vanaf die kern dui op die teenwoordigheid van ’n supermassiewe swartkolk met ’n geraamde massa van 1,5×106 tot 4,8×107 keer dié van die Son.
Op 9 Mei 1998 is die tipe 1a-supernova SN 1998bu in die sterrestelsel waargeneem. Dit het op 21 Mei sy maksimum helderheid bereik en daarna al hoe dowwer geword.
M96-groep M96 is die helderste stelsel in die M96-groep, ’n sterrestelselswerm in die Leeu wat die Messier-voorwerpe M95 en M105 asook minstens nege ander sterrestelsels insluit. M96 het asimmetriese spiraalarms en ’n verskuifde kern, moontlik vanweë die swaartekraginvloed van ander, nabygeleë stelsels.
Verwysings
Eksterne skakels NOAO: Messier 96 SEDS: Messier 96
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
90096
Kategorie:Spiraalsterrestelsels Kategorie:NGC-voorwerpe Kategorie:Leeu (sterrebeeld)