Messier 99 of M99 (ook bekend as NGC 4254) is ’n spiraalsterrestelsel sowat 50,2 miljoen ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Berenike se Hare. Dit is in 1781 deur Pierre Méchain ontdek saam met die Messier-voorwerpe M98 en M100, en Charles Messier het dit in dieselfde jaar in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem.

Messier 99 was een van die eerste sterrestelsels waarin ’n spiraalpatroon gesien is – in 1846 deur lord Rosse.

Die sterrestelsel het ’n normale spiraalarm en ’n losser, uitgerekte arm. ’n Brug van neutrale waterstofgas verbind M99 met VirgoHI21, ’n moontlike donker sterrestelsel, en laasgenoemde se swaartekrag het M99 moontlik vervorm en die gasbrug uitgerek.

Drie supernovas is al in M99 waargeneem.

Verwysings

Eksterne skakels SEDS: Messier 99 UniverseToday: Donkergalaktika? PPARC: New evidence for a Dark Matter Galaxy

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

90099 Kategorie:Spiraalsterrestelsels Kategorie:NGC-voorwerpe Kategorie:Berenike se Hare