MuseScore is 'n gratis musieknotasiesagteware in WYSIWYGwat jy sien is wat jy doen en 'n kostedoeltreffende alternatief vir professionele programme soos Sibelius en Finale. Dokumente kan gedruk word as gegraveerde bladmusiek of in PDF- of MIDI- formaat gestoor word. Die Sagteware is geskep deur Nicolas Froment, Thomas Bonte en Werner Schweer in 2008.
Sommige hoogtepunte:
WYSIWYG - note word geplaas op 'n virtuele noteblad Onbeperkte hoeveelheid mate 'n Maksimum van vier stemme per maat Maklike en vinnige noot byvoeging deur middel van 'n toetsbord, muis of MIDI-klawerbord Geïntegreerde terugspeler en FluidSynth-nabootser Invoer en uitvoer van Music XML en standaard-MIDI-lêers Beskikbaar vir Windows, Mac OS X en Linux GNU Algemene Publieke Lisensie MuseScore is beskikbaar in 48 taleAfrikaans, Arabies, Asturies, Baskies, Brasiliaanse Portugees, Teggies, Engels, Frans, Galasies, Duits, Farsi, Hindi, Hongaars, Italiaans, Russies, Spaans, Turks, Deens, Fins, Sweeds, Noorweegs, Tradisionele Chinees, (Taiwannees), Oekraïnies, Pools, Romeens, Katalaans, Grieks, Japannees, Vereenvoudigde Sjinees, Koreaans, Sloweens, Faroëes, Slowaaks, Litaus, Kroasies, Witrussies, Viëtnamees, Esperanto, en Persies, hoewel sommige vertalings nog onvolledig is.
Draagbare weergawe MuseScore loop ook as 'n draagbare toepassings en kan op 'n verwyderbare stoortoestel soos 'n CD, USB-dataduim, flitskaart, of disket gestoor word.
MuseScore en die Goldberg Variasies In 2011, is 'n projek van stapel gestuur om hoë-gehalte gedrukte en klankweergawes van die Goldberg-variasies te skep. 'n Kickstarter-veldtog is bekend gestel om geld in te samel.
Die finale gegraveerde telling was volledig in MuseScore geskep en kan gratis aflaai word.
Verwysings
Eksterne skakels webwerf Open Goldberg Variations
Kategorie:Musiek Kategorie:Vrye sagteware