Messier 89 of M89 (ook bekend as NGC 4552) is ’n elliptiese sterrestelsel in die sterrebeeld Maagd. Dit is in 1781 deur Charles Messier ontdek en in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem. M89 behoort tot die Virgo-sterrestelselswerm.

Eienskappe Huidige waarnemings dui aan M89 kan ’n byna perfekte sfeervorm hê. Dit is ongewoon aangesien alle ander bekende elliptiese stelsels lang ellipsoïede is. Dit kan egter wees dat dit net sferies van die Aarde af lyk terwyl dit eintlik ellipties is.

Die stelsel het ook ’n omringende struktuur van stof en gas wat tot 150 000 ligjare van die stelsel af strek en strale verhitte deeltjies wat 100 000 ligjare na buite strek. Dit dui daarop dat dit eens ’n aktiewe kwasar of radiosterrestelsel kon gewees het.

Daar is ’n groot aantal bolswerms in M89. Volgens ’n 2006-studie kan daar tot 2 000 wees, in vergelyking met ’n garaamde 150-200 in die Melkweg.

Verwysings

Eksterne skakels M89, SEDS

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

80089 Kategorie:Elliptiese sterrestelsels Kategorie:NGC-voorwerpe Kategorie:Maagd (sterrebeeld)