Messier 88 of M88 (ook bekend as NGC 4501) is ’n spiraalsterrestelsel sowat 47 miljoen ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Berenike se Hare. Dit is in 1781 deur Charles Messier ontdek en in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem.
Eienskappe M88 is een van die 15 Messier-voorwerpe wat tot die nabygeleë Virgo-sterrestelselswerm behoort. Die sterrestelsel kan op ’n hoogs elliptiese wentelbaan wees wat dit na die middel van die swerm laat beweeg waar die reuse- elliptiese stelsel Messier 87 hom bevind. Dit is tans sowat 0,3–0,48 miljoen parsek van die middel af en sal in sowat 200-300 miljoen jaar die naaste aan die kern kom. Sy beweging deur die Virgo-swerm veroorsaak ’n druk wat die buitenste gebied van neutrale waterstof stroop.
In 1999 is die supernova 1999cl in die M88 ontdek.
Verwysings
Eksterne skakels SEDS: Messier 88
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
80088 Kategorie:Spiraalsterrestelsels Kategorie:NGC-voorwerpe Kategorie:Berenike se Hare