Messier 84 of M84 (ook bekend as NGC 4374) is ’n lensvormige sterrestelsel in die sterrebeeld Maagd. Dit is in 1781 deur Charles Messier ontdek en in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem.
M84 is in die digte kern van die Virgo-sterrestelselswerm geleë. Met radiowaarnemings en op foto's deur die Hubble-ruimteteleskoop is twee strale materiaal ontdek wat uit die sterrestelsel se middel uitskiet, sowel as ’n skyf vinnig roterende gas en sterre wat dui op die teenwoordigheid van ’n supermassiewe swartkolk met ’n massa van 1,5 x 109 sonmassas.
Supernovas Twee supernovas is in M84 waargeneem: SN 1957 en SN 1991bg. ’n Derde supernova, SN 1980I, kan deel wees van M84, of andersins van een van sy buurstelsels, NGC 4387 of Messier 86.
Verwysings
Eksterne skakels StarDate: M84 SEDS: Messier 84
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
80084 Kategorie:Lensvormige sterrestelsels Kategorie:NGC-voorwerpe Kategorie:Maagd (sterrebeeld)