Messier 85 of M85 (ook bekend as NGC 4382) is ’n lensvormige sterrestelsel in die sterrebeeld Berenike se Hare. Dit is in 1781 deur Pierre Méchain ontdek en Charles Messier het dit in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem.

M85 is 60 miljoen ligjare van die Aarde af en is sowat 125 000 ligjare in deursnee. ’n Tipe I-supernova, 1960R, in op 20 Desember 1960 in die sterrestelsel ontdek. Dit het ’n skynbare helderheid van 11,7 mag bereik.

M85 is in ’n interaksie betrokke met die nabygeleë spiraalstelsel NGC 4394 en ’n klein elliptiese stelsel, MCG 3-32-38.

Verwysings

Eksterne skakels SEDS: Messier 85

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

80085 Kategorie:Lensvormige sterrestelsels Kategorie:NGC-voorwerpe Kategorie:Berenike se Hare