Die Suidelike Vuurwielsterrestelsel (ook bekend as Messier 83 of NGC 5236) is ’n staafspiraalsterrestelsel sowat 14,7 miljoen ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Noordelike Waterslang. Dit is in 1752 in die Kaap die Goeie Hoop deur Nicolas-Louis de Lacaille ontdek en Charles Messier het dit in 1781 in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem.
Dit is een van die naaste en helderste staafspiraalstelsels en kan met ’n verkyker gesien word. Ses supernovas is al in M83 gesien: SN 1923A, SN 1945B, SN 1950B, SN 1957D, SN 1968L en SN 1983N.
Op 16 Junie 2008 het ’n Nasa-projek aangekondig dat ’n groot aantal nuwe sterre in die buitenste streke van die sterrestelsel gevind is. Voorheen is geglo dié streke het nie die nodige materiaal vir stervorming nie.
Verwysings
Eksterne skakels ESO-infrarooifoto van Messier 83 SEDS: Messier 83 M83 Die Suidelike Vuurwiel
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
80083 Suidelike Vierwiel-sterrestelsel Kategorie:Spiraalsterrestelsels