Die Leeu-drietal of M66-groep (Engels: Leo Triplet) is ’n groep sterrestelsels sowat 35 miljoen ligjare van die Aarde afVST Looks at the Leo Triplet — and Beyond in die sterrebeeld Leeu. Dit bestaan uit die sterrestelsels Messier 65, Messier 66 en NGC 3628.
Lede Die tabel onder lys sterrestelsels wat altyd as groeplede geïdentifiseer word in die Nearby Galaxies Catalog, die Lyons Groups of Galaxies (LGG) Catalog, en die groeplyste wat geskep is uit die Nearby Optical Galaxy-monster van Giuricin et al.
Lys +Sterrestelsels van die Leeu-drietal Naam Soort Regte klimming (J2000) Deklinasie (J2000) Rooiverskuiwing (km/sekonde) Skynbare magnitude M65 SAB(rs)a 807 ± 3 10,3 M66 SAB(s)b 727 ± 3 9,7 NGC 3628 SAb pec 843 ± 1 9,4
Sommige van die verwysings wat hier bo genoem is, dui aan een of twee nabygeleë sterrestelsels kan ook lede van die groep wees. NGC 3593 word dikwels, maar nie altyd nie, as ’n lid van die groep geïdentifiseer.
Nabygeleë groepe Die M96-groep lê fisiek naby die Leeu-drietal. Hierdie twee groepe kan in werklikheid twee dele van ’n veel groter groep wees, en sommige algoritmes identifiseer wel die Leeu-drietal as deel van die M96-groep.
Galery
Verwysings
Eksterne skakels SEDS: M66-groep
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Leeu (sterrebeeld) Kategorie:Sterrestelselswerms