Messier 60 of M60 (ook bekend as NGC 4649) is ’n elliptiese sterrestelsel 55 miljoen ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Maagd.
Geskiedenis Messier 60 en die nabygeleë sterrestelsel Messier 59 is albei in April 1779 deur Johann Gottfried Koehler ontdek terwyl hy ’n komeet in dieselfde deel van die lugruim bestudeer het. Charles Messier het albei stelsels drie dae ná hul ontdekking in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem.
NGC 4647 is sowat 2′,5 van Messier 60 af en hulle vorm twee interaktiewe sterrestelsels bekend as Arp 116 met oorvleuelende optiese skywe. Die wisselwerking tussen die twee het onlangs eers begin, met die eerste tekens wat in 2012 waargeneem is.Science Daily, "Odd Galaxy Couple On Space Voyage", 6 September 2012, URL besoek op 2012-11-11)
M60 is die derde helderste groot elliptiese sterrestelsel van die Virgo-sterrestelselswerm en is die oorheersende lid van ’n subgroep swerms van vier sterrestelsels wat die naaste bekende geïsoleerde kompakte groep stelsels is.
Verskynsels In die middel van M60 is ’n swartkolk van 4,5 miljard sonmassas, een van die grootstes wat nog gevind is. ’n Supernova (SN 2004W) is op 28 Januarie 2004 in Messier 60 gesien. Supernova 2004W in M60
Galery
Verwysings
Eksterne skakels SEDS: Messier 60
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
60060 Kategorie:Elliptiese sterrestelsels Kategorie:Interaktiewe sterrestelsels Kategorie:NGC-voorwerpe Kategorie:Maagd (sterrebeeld)