Messier 67 of M67 (ook bekend as NGC 2682) is ’n oop sterreswerm in die sterrebeeld Kreef. Dit is in 1779 deur Johann Gottfried Koehler ontdek en Charles Messier het dit daarna in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem.

Die sterreswerm is volgens verskillende ramings tussen 3,2 miljard en 5 miljard jaar oud, met die mees onlangse raming 4 miljard jaar, wat daarop dui sterre in die swerm is jonger as die Son. Ramings oor die afstand verskil ook en wissel tussen 2 600 en 2 900 ligjare.Paunzen, E., Mermilliod, J.-C. "WEBDA: M67"Sarajedini, Ata; Dotter, Aaron; Kirkpatrick, Allison "Deep 2MASS Photometry of M67 and Calibration of the Main-Sequence J – KS Color Difference as an Age Indicator", AJ, 2009Yakut, K.; Zima, W.; Kalomeni, B.; van Winckel, H.; Waelkens, C.; De Cat, P.; Bauwens, E.; Vučković, M.; Saesen, S.; Le Guillou, L.; Parmaksızoğlu, M.; Uluç, K.; Khamitov, I.; Raskin, G.; Aerts, C."Close binary and other variable stars in the solar-age Galactic open cluster M 67", A&A, 2009Majaess, D.; Turner, D.; Lane, D.; Krajci, T. "Deep Infrared ZAMS Fits to Benchmark Open Clusters Hosting delta Scuti Stars", JAAVSO, 2011

Daar is ’n paar sterreswerms wat ouer as M67 is, maar nie een van hulle is so naby aan die Aarde nie. M67 is belangrik in die bestudering van ster-evolusie, omdat dit baie sterre het, die besoedeling min is en die meeste sterre ewe ver en ewe oud is. Dit is ook die naaste oop sterreswerm aan die Aarde.

Daar is na raming ver oor die 500 sterre, waarvan 100 met die Son ooreenstem. Dit bevat ook talle rooireuse.

Verwysings

Eksterne skakels SEDS: Messier 67

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

60067 Kategorie:Sterreswerms Kategorie:NGC-voorwerpe Kategorie:Kreef (sterrebeeld)