Die Fyntand-skreeubaber (Synodontis vanderwaali) is 'n varswatervis wat in die boonste gedeeltes van die Zambezi-, Kunene- en Okavangoriviere voorkom. In Engels staan die vis bekend as die Finetooth squeaker.

Voorkoms Die vis het 'n lang dorsale vin en die stertvin is diep gevurk. Die vis is bruin tot olyfbruin met kolle of strepies op wat soos 'n doolhof lyk. Die vis word tot 156 mm lank.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Verwysings

Bron A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.

Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Synodontis-vanderwaali.html

Kategorie:Beenvisse