Nothobranchius (kuilvissies) is 'n visgenus in die familie Aplocheilidae. Die genus bestaan uit meer as dertig spesies wat in Afrika en Asië aangetref word, waarvan ses in Suider-Afrika voorkom.
Voorkoms Die kuilvissies is stewig met amper simmetriese dorsale en anale vinne, die pektorale vinne is laag aan die lyf en die bekkenvinne is klein. Die mannetjie word groter as die wyfie en is heldergekleurd. Die kleurpatrone van die mannetjies speel 'n belangrike rol om die visse te identifiseer. Die visse leef net 'n jaar lank en leef in tydelike reënpoele en poele in vloedvlaktes. Die vissies word aangetref in die savannestreke van tropiese Afrika.
Spesies Die volgende spesies word in Suider-Afrika aangetref: Nothobranchius furzeri - Blougroen-kuilvissie Nothobranchius kafuensis - Kafue-kuilvissie Nothobranchius kuhntae - Beira-kuilvissie Nothobranchius orthonotus - Spikkel-kuilvissie Nothobranchius rachovii - Reënboog-kuilvissie
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.
Kategorie:Beenvisse