Messier 58 of M58 (ook bekend as NGC 4579) is ’n staafspiraalsterrestelsel sowat 68 miljoen ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Maagd. Dit is op 15 April 1779 deur Charles Messier ontdek en is een van vier staafspiraalstelsels wat in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem is.

Twee supernovas is in M58 waargeneem: SN 1988A op 18 Januarie 1988 met ’n skynbare helderheid van 13,5 mag in sy kern, en SN 1989M op 28 Junie 1989 met ’n skynbare helderheid van 12,2 mag in sy kern.

Verwysings

Eksterne skakels SEDS: Messier 58 Spitzer-ruimteteleskoop

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

50058 Kategorie:Spiraalsterrestelsels Kategorie:NGC-voorwerpe Kategorie:Maagd (sterrebeeld)