Messier 66 of M66 (ook bekend as NGC 3627 en Arp 16) is ’n oorgang-spiraalsterrestelsel sowat 36 miljoen ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Leeu. Dit is in 1780 deur Charles Messier ontdek en in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem.
duimnael|links|240px|Die Leeu-drieling, met M66 regs onder, M65 regs bo en NGC 3628 links bo. (Bron: Scott Anttila) M66 is sowat 95 duisend ligjare breed met opvallende stofbane en helder sterreswerms in sy spiraalarms. Dit vorm saam met Messier 65 en NGC 3628 die bekende Leeu-drieling, ’n klein groep sterrestelsels. Dit het ’n verwronge voorkoms vanweë ’n interaksie met NGC 3628 en in ’n mindere mate M65 sowat 80 miljoen jaar gelede.
Die swaartekrag-interaksie met sy buurstelsels het gelei tot: ’n Uiters hoë konsentrasie van sy sentrale massa; ’n Groot verhouding tussen molekule- en atoommassa; ’n Blok H I-materiaal wat nie saam met die stelsel draai nie en blykbaar uit een van die spiraalarms kom. Dit kan gesien word as ’n baie prominente spiraalarm en stofbaan-strukture, soos aanvanklik genoem in die Atlas of Peculiar Galaxies.
Verwysings
Eksterne skakels SEDS: Messier 66 ryutao.main.jp: M66
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
60066
Kategorie:Spiraalsterrestelsels Kategorie:NGC-voorwerpe Kategorie:Arp-voorwerpe Kategorie:Leeu (sterrebeeld)