Messier 65 of M65 (ook bekend as NGC 3623) is ’n oorgang-spiraalsterrestelsel sowat 35 miljoen ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Leeu. Dit is in 1780 deur Charles Messier ontdek en in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem, hoewel Pierre Méchain soms die krediet daarvoor kry. Dit vorm saam met Messier 66 en NGC 3628 die bekende Leeu-drieling, ’n klein groep sterrestelsels.

Stervorming en interaksie duimnael|links|240px|Die Leeu-drieling, met M65 regs bo, M66 regs onder en NGC 3628 links bo. (Bron: Scott Anttila) Daar is min stof en gas in die sterrestelsel en dus min stervorming, hoewel daar redelik onlangs ’n toename van stervorming in die arms was.

M65 se skyf lyk effens verwronge. Dit, tesame met die onlangse toename van stervorming, kan dui op ’n invloed van buite. Rots (1978) is van mening dat die twee ander sterrestelsels in die Leeu-drieling sowat 800 miljoen jaar gelede op mekaar ingewerk het. Onlangse navorsing deur Zhiyu Duan dui daarop dat M65 ook by die interaksie betrokke was, maar in ’n mindere mate.

Duan meen ook M65 het dalk ’n sentrale staaf – wat moeilik is om te sien omdat die sterrestelsel teen ’n skuins hoek gesien word – en dit kan dui op getyversteuring.

Verwysings

Eksterne skakels SEDS: Messier 65

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

60065

Kategorie:Spiraalsterrestelsels Kategorie:NGC-voorwerpe Kategorie:Arp-voorwerpe Kategorie:Leeu (sterrebeeld)