Messier 12 of M12 (ook bekend as NGC 6218) is ’n bolvormige sterreswerm in die sterrebeeld Slangdraer. Dit is op 30 Mei 1764 deur Charles Messier ontdek, wat dit beskryf het as ’n newel sonder sterre. In donker toestande kan dit dofweg deur ’n verkyker gesien word.

Die swerm is sowat 3° van die sterreswerm M10 en 5,6° van die ster Lambda Ophiuchi. Dit is sowat 15 700 ligjare van die Aarde af en het ’n deursnee van sowat 75 ligjare. Die helderste ster het ’n skynbare magnitude van 12. Die sterre is redelik losweg verbind vir ’n bolswerm en daar is aanvanklik vermoed dit is ’n kampakte oop swerm. Dertien van sy sterre is veranderlike sterre.

Verwysings

Eksterne skakels SEDS: Messier 12 Messier 12, Galactic Globular Clusters Database

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

10012 Kategorie:Sterreswerms Kategorie:NGC-voorwerpe Kategorie:Slangdraer (sterrebeeld)