links|duimnael|150px|Messier 10 soos gesien deur ’n amateur-teleskoop.

Messier 10 of M10 (ook bekend as NGC 6254) is ’n bolvormige sterreswerm in die sterrebeeld Slangdraer. Dit is op 29 Mei 1764 deur Charles Messier ontdek, wat dit as die tiende voorwerp in sy Messier-katalogus gelys het en dit beskryf het as ’n newel sonder sterre. William Herschel het individuele sterre onderskei en dit beskryf as ’n "pragtige swerm van uiters saamgeperste sterre". Die eerste sterrekundige wat die afstand van die sterreswerm geraam het, was Harlow Shapley, hoewel sy berekening van 33 000 ligjare verskil van die moderne skatting (14 300 ligjare).

Die getyradius van M10 is 19,3 boogminute, wat sowat twee derdes van die maan se oënskynlike deursnee is. Deur ’n mediumgroot teleskoop is dit omtrent die helfte so groot omdat sy helder kern net sowat 35 ligjare breed is.

Wat elemente anders as waterstof en helium betref, is M10 redelik arm aan wat sterrekundiges metale noem. Die ystergehalte is net sowat 3,5% persent van dié van die son.

Omdat dubbelsterre in die algemeen ’n groter massa as normale sterre het, neig die dubbelsterre om na die middel van die swerm te beweeg. Sowat 14% van hulle lê in die streek van die kern teenoor sowat 1,5% in die buitenste streke. Vier veranderlike sterrre is in die swerm geïdentifiseer.

Verwysings

Eksterne skakels SEDS: Messier 10 Messier 10, Galactic Globular Clusters Database

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

10010 Kategorie:Sterreswerms Kategorie:NGC-voorwerpe Kategorie:Slangdraer (sterrebeeld)