Ravenna 280px Kaart Wapen 180px|center 75px|center Vlag 90px|center  Land  Region Emilia-Romagna Provins Ravenna Koördinate  Stigting Omstreeks 600 v.C. Oppervlakte:    - Totaal 652 vk km  Hoogte bo seevlak 4 m Bevolking:    - Totaal (31 Desember 2011) 159 692  - Bevolkingsdigtheid 245/vk km Tydsone UTC +1 (MET) Somertyd UTC +2 (MEST) Burgemeester Fabrizio Matteucci Amptelike webwerf comune.ravenna.it

Ravenna (Italiaans: [raˈvenna], ) is die hoofstad en grootste stad van die provinsie Ravenna in die streek Emilia-Romagna in Italië. Die stad het 'n bevolking van 159 692 in 2011 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 652 km². Die stad is 'n vroeëre hawestad, wat destyds aan die Adriatiese See geleë was. Vandag is Ravenna egter sowat 9 km van die kus af. Die stad is veral bekend om sy verskeie monumente uit die laat antieke tydperk en die vroeë Middeleeue. Die vroeë Christelike Monumente van Ravenna is in 1996 deur UNESCO as wêrelderfenisgebied gelys.

duimnael|links|Graftombe van Theodorik die Grote in Ravenna Tussen 402 en 476 het Ravenna as hoofstad van die Wes-Romeinse Ryk‎‎ onder die laaste keisers gedien. Daarop is die stad deur Gote verower. In 540 het Oos-Romeinse troepe onder Belisar die stad vir keiser Justinianus I ingeneem en in 751 het die Lombarde die stad oorwin.

Eksterne skakels

Amptelike Unesco-bladsy

Kategorie:Nedersettings in Italië Kategorie:Wêrelderfenisgebiede in Italië