Hai Phong (Viëtnamees: Hải Phòng) is 'n stad in die noorde van Viëtnam. Die stad het 'n bevolking van 1 884 685 gehad en is die derde grootste stad van die land ná die hoofstad Hanoi en Ho Chi Minh-stad.

Hai Phong is geleë net suidwes van die grens met die Volksrepubliek China en suidoos van Hanoi. Die stad lê aan die monding van die Rooirivier in die Golf van Tonkin. Hai Phong is die tweede belangrikste hawestad van Viëtnam ná Ho Chi Minh-stad en dien as hawe van Hanoi.

Eksterne skakels

Amptelike webwerf

Kategorie:Kusstede Kategorie:Nedersettings in Viëtnam