Die Varswater-dikkop (Awaous aeneofuscus) is 'n varswater vis wat voorkom in riviere en strandmere aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by Algoabaai. In Engels staan die vis bekend as die Freshwater goby.
Voorkoms Die stertvin is bolrond en die vis is bruin of groenbruin met donker bruin vlekke en golwende strepe op. Daar is twee bruin strepe wat na vore op die vis se kop strek. Die stert is vol donker kolle en die vis word tot 260 mm lank.
Habitat Die vis leef in poele en vloeiende water gewoonlik oor sanderige bodems waar hy homself begrawe sodat net die oë en kop uitsteek. Die vis vreet ongewerweldes.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.
Verwysings
Eksterne skakel http://www.fishbase.org/summary/Awaous-aeneofuscus.html
Kategorie:Beenvisse