Die Rivier-dikkop (Glossogobius callidus) is 'n varswater vis wat voorkom in riviere aan die ooskus van Afrika vanaf Mosambiek tot by Swartvlei in die Wes-Kaap.

Voorkoms Die kop is ietwat plat met 'n lang snoet en 'n gepunte stertvin. Die vis deurskynend bruin kleurig met swart x-merke op die sye. Daar is ook 'n swart kol op die agterste membraan van die eerste dorsale vin. Die vis word tot 120 mm lank.

Habitat Die vis leef in poele op die bodem tussen rotse of plantegroei. Hulle vreet insekte en ongewerweldes en broei in die somer. Hulle eiers is ovaalvormig.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.

Verwysings

Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Glossogobius-callidus.html

Kategorie:Beenvisse