duimnael|260px|'n Illustrasie van Glossogobius giuris, 1927
Die Tenkdikkop (Glossogobius giuris) is 'n varswatervis wat voorkom in riviere aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die Transkei. Dit kom ook in die Indies-Pasifiese area voor en mag honderde kilometers land-in in groot riviere voorkom. In Engels staan die vis bekend as die Tank goby.
Voorkoms Die vis het 'n platterige kop met 'n groot bek. Die stertvin is bolrond. Die vis is deurskynend bruinkleurig met donkerbruin of swart vlekke en kolle aan die bokant en die sye. Daar is swart kolle op die dosale vin en die vis word tot 400 mm lank. Die Suid-Afrikaanse hengelrekord is 195 gram.
Habitat Die vis leef in kalm water, gewoonlik by sandbanke in strome en vloedvlakte panne. Die onvolwassene vreet ongewerweldes wat op die bodem leef terwyl die groter visse klein vissies en paddavissies vreet. Hulle broei in varswater en strandmere gedurende die somer.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bronnelys A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.
Eksterne skakels http://fishbase.org/summary/Glossogobius-giuris.html
Kategorie:Beenvisse