Vir 'n artikel oor die sewe susters in die Griekse mitologie, sien Plejade (mitologie)

Die Plejades (ook genoem die Sewe Susters of M45) is in die sterrekunde ’n asterisme wat deur 'n oop sterreswerm gevorm word. Die sterreswerm bestaan uit warm B-tipe sterre van middelmatige ouderdom in die sterrebeeld Bul. Op 'n afstand van 444 ligjare is dit een van die naaste sterreswerms en die naaste Messiervoorwerp aan die Aarde, en die een wat die maklikste met die blote oog gesien kan word. Dit bevat ook die refleksienewel NGC 1432, 'n H II-gebied. Die naam kom van die Plejades in die Griekse mitologie.

Die swerm word oorheers deur warm blou en besonder helder sterre wat binne die afgelope 100 miljoen jaar ontstaan het. Die helderste sterre word omring deur ’n newelagtigheid wat deur ruimtestof veroorsaak word. Voorheen is gedink dit is materiaal wat ná hulle vorming oorgebly het, maar nou word geglo dat dit waarskynlik 'n onverwante stofwolk is waardeur die groep sterre tans beweeg. Dié stofwolk beweeg na raming teen sowat 18 km/s relatief tot die sterre in die swerm.

Rekenaarsimulasies het gewys die Plejades is waarskynlik van 'n kompakte konfigurasie gevorm wat eens soos die Orionnewel gelyk het. Sterrekundiges glo die swerm sal vir nog sowat 250 miljoen jaar bestaan, waarna die sterre uiteen sal beweeg vanweë swaartekragwisselwerkings met die galaktiese omgewing.

Saam met die oop sterreswerm die Hiades, vorm die Plejades die "Goue Poort van die Sonnebaan".Tor! 1:0 für die Venus, astronomie-heute.de, 19 April 2020, besoek op 30 Augustus 2020 Die sonnebaan is die lyn waarlangs die Son, die Maan en al die planete beweeg, en dit loop tussen dié twee sterreswerms deur.

Oorsprong van die naam Die swerm se naam kom van die Griekse naam Πλειάδες. Dit is waarskynlik afgelei van plein ("seil") vanweë die feit dat die sterre die seilseisoen in die Middellandse See afgebaken het. In die Griekse mitologie is dit gebruik vir sewe goddelike susters. Later is gesê die naam is afgelei van hulle moeder, Pleione, se naam en beteken dus "dogters van Pleione".

In werklikheid kom die antieke naam wat van "seil" afgelei is, eerste in die kultuur, waarna die verwantskap met die sewe susters gevolg het.

Sterrekundige rol van M45 in die oudheid Die groep M45 het in die antieke tyd 'n belangrike rol gespeel vir die opstelling van baie kalenders danksy 'n kombinasie van twee merkwaardige elemente. Die eerste een, wat steeds geld, is hulle unieke en maklik identifiseerbare voorkoms in die naglug naby die sonnebaan. Die tweede een, wat in die antieke tyd belangrik was, is dat dit in die middel van die 3de millennium v.C. die Noordelike Halfrond se lentenagewening aangedui het.Wilfred G. Lambert, (en) « The section AN », in : Luigi Cagni (a cura di), Il bilinguismo a Ebla, Atti del convegno inter-nazionale (Napoli,, 19-22 aprile 1982), Napoli, Istituto Universitario Orientale, Dipartimento di studi asiatici, XXII (1984), 396-397

thumb|263px|Op die Hemelskyf van Nebra van omstreeks 1600 v.C. is die sewe kolletjies regs bo vermoedelik die Plejades. Die belangrikheid van die sterreswerm is ook duidelik in Noord-Europa: Dit word aangedui op die hemelskyf van Nebra, wat in Duitsland ontdek is en uit omstreeks 1600 v.C. dateer. Op die skyf word die swerm aangedui in 'n hoë posisie tussen die Son en die Maan.

Dié asterisme ('n patroon sterre kleiner as 'n sterrebeeld) dui ook die begin van verskeie antieke kalenders aan: In antieke Indië vorm dit in die Atharvaveda, wat omstreeks 1200-1000 v.C. saamgestel is, die eerste nakṣatra (die Sanskritnaam vir "maanstasie"), wat genoem word Kṛttikā (क्रृत्तिका), ’n onthullende naam aangesien dit letterlik "die Snydings" beteken, dus "dié wat die jaarbreek aandui". In Mesopotamië stel die MUL.APIN-kompendium, die oudste bekende Mesopotamiese sterrekundige verhandeling wat in Nineve in die biblioteek van Assurbanipal ontdek is en uit nie later nie as 627 v.C. dateer, ’n lys voor van gode [draers van sterre] wat op "die pad van die Maan" staan – ’n lys wat begin met mul.MUL. In Griekeland is die Pleiádes ’n groep waarvan die naam waarskynlik eers ’n funksionele betekenis gehad het voor dit ’n mitologiese betekenis gekry het, soos André Lebœuffle aandui. Hy verkies om dit te verklaar aan die hand van die Indo-Europese wortel *pe/ol-/pl-, wat die idee van "menigte, skare, byeenkoms" uitdruk.(en) André Le Bœuffle, Les Noms latins d'astres et de constellations, éd. Paris: Les Belles Lettres, 1977, pp. 120-124. Net so begin die antieke Arabiere hulle ou kalender, dié van die anwā, met M45 onder die naam الثريّا (al-Ṯurayyā).Charles Pellat, Dictons rimés, anwa et mansions lunaires chez les Arabes, in Arabica. Journal of arabic and islamic studies, vol. 2 (1955) p. 19.

Hoewel M45 nie meer op die lentepunt is nie, bly die sterrebeeld steeds belangrik, beide funksioneel en simbolies. Benewens die Indiese en Arabaiese kalenders wat op maanstasies gebaseer is, is daar ook die geval van ’n ou Jemenitiese kalender waarin die maande aangedui word volgens ’n astronomiese kriterium wat daartoe gelei het dat dit die "Kalender van die Plejade" genoem is: Die maand ḫams (letterlik "vyf") is die een waarin die Son en al-Ṯurayyā ("die Plejade") vyf maanbewegings van mekaar afwyk, dus vyf keer die afstand wat die Maan gemiddeld in een dag en een nag aflê, om die terminologie van Al Soefi te gebruik.(de) Eduard Glaser, Die Sternkunde der südarabischen Kabylen, Wien : aus der Hof- und Staatsdruckerei, (s.d.) [Aus dem XCL. Bande der Sitzb. der kays. Akad. der Wissensch., II. Jänner-Heft Jahrg.1885], pp. 3-4.

thumb|220px|links|'n Australiese silwer herdenkingsmunt van 2020 – op die keersy is die Sewe Susters soos uitgebeeld in 'n antieke storie oor die Australiese inheemse tradisie. Name en mitologie Die Plejades is 'n prominente gesig in die Noordelike en Suidelike Halfrond se naglug. Hulle is sedert die oudheid aan kulture oor die hele wêreld heen bekend,Julien D'Huy, Yuri Berezkin. How Did the First Humans Perceive the Starry Night? On the Pleiades. The Retrospective Methods Network Newsletter 2017, pp.100-122. https://halshs.archives-ouvertes.fr/halshs-01673386/document insluitende die Kelte (Wallies: Tŵr Tewdws, Iers: Streoillín); die Filippyne voor die koloniale tyd (as Mapúlon, wat die begin van die jaar aangedui het); Hawaiërs (as Makaliʻi); die Maori's (as Matariki); die Achaemenidiese Ryk (as پروین of Parvīn; die Arabiere (as الثريا of al-Thurayyā;) die Chinese (昴 of mǎo); die Japannese (as 昴 of Subaru'); die Maja; Asteke; ensovoorts.

In die Hindoeïsme is die Plejades bekend as Kṛttikā. Hindoes vier die eerste dag (nuwemaan) van die maand Kartik as Divali, 'n fees van oorvloed en lampe. Die Plejades word ook drie keer in die Bybel genoem (as die "Sewester").Job 9:9, Job 38:31 en Amos 5:8 In Japan word die sterreswerm in die 8ste-eeuse Kojiki, 'n kroniek van legendes en gesange, genoem Mutsuraboshi ("ses sterre"). Dit is nou in Japan bekend as Subaru, en is genoem na die Japannese Subaru-teleskoop by die Mauna Kea-sterrewag op die eiland Hawaii.

thumb|180px|Galileo se tekening van die Plejades in Sidereus Nuncius. Die vroegste bekende uitbeelding van die Plejades is 'n Noord-Duitse artefak uit die Bronstydperk bekend as die Hemelskyf van Nebra van omstreeks 1600 v.C. Die Babiloniese sterkatalogus noem die Plejades MULMUL (), wat "sterre" beteken (letterlik "ster ster"). Hulle is boaan die lys sterre aan die sonnebaan, wat wys hulle was omstreeks die 23ste eeu v.C. naby die punt van die lente-nagewening. Sommige antieke Griekse sterrekundiges het hulle as 'n aparte sterrebeeld beskou en hulle word deur Hesiodos,Hesiod, Works and Days, (618-23) in Homeros se Ilias en Odussee, en in die Geoponica, 'n 10de-eeuse versameling landboustories, genoem.

Vir die pre-Islamitiese Arabiere was die sterreswerm die "bekendste ster" en is dit dikwels eenvoudig "die Ster" genoem (an-Najm, النجم). Sommige kenners van die Islam stel voor die Plejades is die "ster" wat genoem word in die soera An-Najm ("Die Ster") van die Koran.Saqib Hussain, "The Prophet's Vision in Sūrat al-Najm," Journal of the International Qur'anic Studies Association, 5 (2020): 97–132.

Op verskeie silinderseëls van die begin van die eerste millennium v.C. af word M45 deur sewe punte verteenwoordig, terwyl die "Sewe Gode" op reliëfs verskyn van Nieu-Assiriese paleise.Jeremy Black & Anthony Green, Gods, Demons and Symbols of Ancient Mesopotamia, an Illustrated Dictionary, Londen: British Museum Press, 1992, p. 162.

Die geleerde Stith Thompson meen die asterisme is "amper altyd" as 'n groep van sewe susters beskou, en hulle mites verduidelik hoekom daar net ses is.Thompson, Stith (1977). The Folktale. University of California Press. pp. 237-238. . Sommige wetenskaplikes glo dit kan wees vanweë waarnemings van tot 100000 v.C., toe die ster Pleione verder van die ster Atlas was en dus sigbaarder vir die blote oog.Norris, Ray P., Norris, Barnaby R.M. (2021). Why Are There Seven Sisters?. In: Boutsikas, E., McCluskey, S.C., Steele, J. (eds) Advancing Cultural Astronomy. Historical & Cultural Astronomy. Springer, Cham. https://doi.org/10.1007/978-3-030-64606-6_11

Tolkien se Legendarium In J.R.R. Tolkien se legendarium, waar Die heerser van die ringe afspeel, word na die Plejades verwys as Remmirath, the netted star. Die sterrebeeld Jagter word genoem Menelvagor, swordsman of the Sky.

Waarnemingsgeskiedenis Galileo Galilei was die eerste sterrekundige wat deur 'n teleskoop na die Plejades gekyk het. Hy het toe ontdek daar is baie sterre in die swerm wat te dof is om met die blote oog te sien. Hy het sy waarnemings in Maart 1610 in Sidereus Nuncius'' gepubliseer saam met 'n skets wat 36 sterre wys.

Dit is lank bekend dat die Plejades 'n groep sterre is wat fisies verwant is, eerder as 'n toevallige oplyning. John Michell het in 1767 bereken die kans van 'n toevallige oplyning van so baie helder sterre was net 1 uit 500 000. Hy het aangeneem die Plejades en baie ander sterreswerms moet dus uit fisies verwante sterre bestaan. Toe studies die eerste keer gedoen is van die eiebeweging van die sterre, is bevind hulle beweeg almal in dieselfde rigting in die lug, en dit het finaal bewys dat hulle verwant is.

Charles Messier het die posisie van die swerm gemeet en dit as "M45" in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem wat in 1771 gepubliseer is. Dié invoeging is, nes dié van die Orionnewel en die Byekorfsterreswerm, as vreemd beskou omdat die meeste van sy voorwerpe baie dowwer was en makliker met komete verwar kon word, en dit is beswaarlik die geval met die Plejades. Een moontlikheid is dat Messier eenvoudig 'n groter katalogus wou hê as sy wetenskaplike mededinger Lacaille, wie se katalogus van 1755 altesaam 42 voorwerpe bevat het en dat Messier toe 'n paar helder voorwerpe bygevoeg het.

Edme-Sébastien Jeaurat het in 1782 ’n kaart van 64 sterre van die Plejades uit sy waarnemings geteken wat in 1786 gepubliseer is.A New review: with literary curiosities and literary intelligence, bl. 326, Paul Henry Maty, 1783.Mémoires de l'Acadêmie des sciences de l'Institut de France, bl. 289, Didot frères, fils et cie, 1786.Edme-Sébastien Jeaurat, Carte des 64 Principales Etoiles des Playades par M. Jeaurat, pour le 1.er Janvier 1786.

Samestelling thumb|240px|'n Kaart van die Plejades. Die kern van die sterreswerm is sowat 8 ligjare breed. Dit bevat meer as duisend bevestigde lede, sonder om die getal dubbelsterre in ag te neem. Die swerm se lig word oorheers deur jong, warm blou sterre, waarvan tot 14 met die blote oog gesien kan word na gelang van die waarnemingstoestande en die visuele skerpte van die waarnemer. Die helderste sterre vorm 'n fatsoen effens soortgelyk aan dié van die Groot en Klein Beer. Die totale massa van die sterre is sowat 800 sonmassas en dit word oorheers deur dowwer, rooier sterre. 'n Raming van die omvang van dubbelsterre in die swerm is sowat 57%.