duimnael|Logo van die Internasionale Sterrekundige Vereniging. duimnael|Nasionale lede van 73 lande. duimnael|Die openingseremonie van die XXVIste algemene vergadering in Praag, Tsjeggië.
Die Internasionale Sterrekundige Vereniging of Internasionale Astronomiese Unie (IAU) (Frans: Union astronomique internationale of UAI) is ’n groep professionele sterrekundiges met doktorsgrade wat navorsing en opvoeding in sterrekunde doen. Dit word internasionaal beskou as die owerheid wat name aan hemelliggame (sterre, planete, asteroïdes, ens.) gee, asook aan enige strukture op hul oppervlak. Hul hoofdoel is om die sterrekunde in al sy aspekte te bevorder en beskerm deur middel van internasionale samewerking.
Die vereniging is lid van die Internasionale Raad vir Wetenskap (ICSU) en het vriendskaplike betrekkinge met organisasies wat amateursterrekundiges as lede insluit. Hul hoofkwartier is op die tweede verdieping van die Institut d'Astrophysique de Paris in die 14de arrondissement van Parys, Frankryk,"IAU Secretariat." International Astronomical Union. Besoek op 26 Mei 2011. "Address: IAU - UAI Secretariat 98-bis Blvd Arago F–75014 PARIS FRANCE" and "The IAU Secretariat is located in the Institut d'Astrophysique de Paris, 2nd floor, offices n°270, 271 and 283." en die amptelike taal is Frans. Afdelings sluit in die werkgroepe vir die naamgewing van planetêre stelsels, van sterre en van meteoorreëns, asook die Kleinplaneetsentrum.
Geskiedenis en samestelling Die IAU is op 28 Julie 1919 in Brussel, België, gestig. Die sewe stigterstate was België, Kanada, Frankryk, Brittanje, Griekeland, Japan en die VSA. Hulle is gou daarna gevolg deur Italië en Mexiko.
Vandag het die IAU 12 664 "individuele lede", wat professionele sterrekundiges uit 96 lande is. Verder is daar 79 "nasionale lede", professionele sterrekundige gemeenskappe wat hul lande se sustersverenigings van die IAU verteenwoordig. Hulle is van onder meer Suid-Afrika, Australië, China, Indië, die VSA, Argentinië, Saoedi-Arabië, Duitsland, Brittanje, Nieu-Seeland, Rusland en Japan.
Die IAU se algemene vergadering sluit al die lede in en bepaal die vereniging se beleid, keur sy verordenige goed en verkies verskeie komitees. Stemreg van die lede hang af van die saak wat voor die vergadering dien – soms stem net die individuele lede en soms net die nasionale lede.
Algemene vergaderings Vergadering Jaar PlekIste IAU- algemene vergadering (1ste)1922Rome, ItaliëIIde IAU- algemene vergadering (2de)1925Cambridge, Engeland, Verenigde KoninkrykIIIde IAU- algemene vergadering (3de)1928Leiden, NederlandIVde IAU- algemene vergadering (4de)1932Cambridge, Massachusetts, Verenigde StateVde IAU- algemene vergadering (5de)1935Parys, FrankrykVIde IAU- algemene vergadering (6de)1938Stockholm, SwedeVIIde IAU- algemene vergadering (7de)1948Zürich, SwitserlandVIIIste IAU- algemene vergadering (8ste)1952Rome, ItaliëIXde IAU- algemene vergadering (9de)1955Dublin, IerlandXde IAU- algemene vergadering (10de)1958Moskou, SowjetunieXIde IAU- algemene vergadering (11de)1961Berkeley, Kalifornië, Verenigde StateXIIde IAU- algemene vergadering (12de)1964Hamburg, Wes-DuitslandXIIIde IAU- algemene vergadering (13de)1967Praag, Tsjeggo-SlowakyeXIVde IAU- algemene vergadering (14de)1970Brighton, Engeland, Verenigde KoninrykXVde IAU- algemene vergadering (15de)1973Sydney, Nieu-Suid-Wallis, AustraliëXVIde IAU- algemene vergadering (16de)1976Grenoble, FrankrykXVIIde IAU- algemene vergadering (17de)1979Montreal, Quebec, KanadaXVIIIde IAU- algemene vergadering (18de)1982Patras, GriekelandXIXde IAU- algemene vergadering (19de)1985Nieu-Delhi, IndiëXXste IAU- algemene vergadering (20ste)1988Baltimore, Maryland, Verenigde StateXXIste IAU- algemene vergadering (21ste)1991Buenos Aires, ArgentiniëXXIIste IAU- algemene vergadering (22ste)1994Den Haag, NederlandXXIIIste IAU- algemene vergadering (23ste)1997Kioto, Kansai, JapanXXIVste IAU- algemene vergadering (24ste)2000Manchester, Engeland, Verenigde KoninkrykXXVste IAU- algemene vergadering (25ste)2003Sydney, Nieu-Suid-Wallis, AustraliëXXVIste IAU- algemene vergadering (26ste)2006Praag, TsjeggiëXXVIIste IAU- algemene vergadering (27ste)2009Rio de Janeiro, BrasiliëXXVIIIste IAU- algemene vergadering (28ste)2012Beijing, Volksrepubliek ChinaXXIXste IAU- algemene vergadering (29ste)2015Honolulu, Hawaii, Verenigde StateXXXste IAU- algemene vergadering (30ste)2018Wene, OostenrykXXXIste IAU- algemene vergadering (31ste)2021Busan, Suid-Korea
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf XXVIde algemene vergadering 2006 XXVIIde algemene vergadering 2009 XXVIIIste algemene vergadering 2012 XXIXde algemene vergadering 2015 XXXste algemene vergadering 2018 XXXIste algemene vergadering 2021
Kategorie:Internasionale organisasies Kategorie:Sterrekundige organisasies