Die Messier-voorwerpe is ’n lys sterrekundige voorwerpe wat aanvanklik in 1771 saamgestel is deur die Franse sterrekundige Charles Messier. Messier het die ruimte gefynkam vir komete en is gefrustreer deur voorwerpe wat soos komete lyk, maar dit nie is nie. Hy het toe saam met sy assistent Pierre Méchain ’n katalogus van hulle saamgestel om sy navorsing te vergemaklik.

In die eerste uitgawe is 45 voorwerpe gelys, van M1 tot M45. Messier se uiteindelike katalogus het 103 voorwerpe bevat, maar die lys is later bygewerk deur ander sterrekundiges wat gemotiveer is deur aantekeninge in Messier en Méchain se tekste wat aandui dat hulle van die voorwerpe geweet het. Die eerste aanpassing is in 1921 gedoen deur Nicolas Camille Flammarion, wat Messier 104 bygevoeg het nadat hy ’n aantekening van Messier in dié se 1781-eksemplaar gevind het. M105 tot M107 is in 1947 bygevoeg deur Helen Sawyer Hogg, M108 en M109 in 1960 deur Owen Gingerich en M110 in 1967 deur Kenneth Glyn Jones. M102 is deur Méchain waargeneem en hy het Messier daaroor ingelig. Later het Méchain self erken dat die voorwerp nie bestaan nie, maar ’n herwaarneming van M101 is. Sommige bronne identifiseer die sterrestelsel NGC 5866 as M102, maar die beskrywing stem nie ooreen met dié in Méchain se aantekeninge nie.

Dié voorwerpe is steeds bekend onder hul Messier-nommers volgens sy lys.

Messier het sy navorsing in Frankryk gedoen waar hy gewoon het, en sy waarnemings sluit dus net voorwerpe in wat in die Noordelike Halfrond sigbaar is. Baie indrukwekkende voorwerpe wat net in die Suidelike Halfrond sigbaar is, soos die Groot en die Klein Magellaanse Wolk, kom nie daarop voor nie.

duimnael|200px|Charles Messier Al die Messier-voorwerpe is met verkykers of klein teleskope sigbaar en is dus gewild onder amateursterrekykers. Vroeg in die noordelike lente kom sterrekundiges soms byeen vir "Messier-marathons", wanneer al die voorwerpe in een nag gesien kan word.

Messier-voorwerpe

Messier-nommer NGC-nommer Algemene naamFoto Tipe voorwerp Afstand (kilo-ligjare) Sterrebeeld Skynbare magnitudeM1 NGC 1952 Krapnewel 60px Supernova-oorblyfsel 6,3 Bul 9,0 M2 NGC 7089   60px Bolvormige sterreswerm 36 Waterdraer 7,5 M3 NGC 5272   60px Bolvormige sterreswerm 31 Jaghonde 7,0 M4 NGC 6121   60px Bolvormige sterreswerm 7 Skerpioen 7,5 M5 NGC 5904   60px Bolvormige sterreswerm 23 Slang 7,0 M6 NGC 6405 Skoenlappersterreswerm 60px Oop sterreswerm 2 Skerpioen 4,5 M7 NGC 6475 Ptolemeus-sterreswerm 60px Oop sterreswerm 1 Skerpioen 3,5 M8 NGC 6523 Lagunenewel 60px Newel met sterreswerm 6.5 Boogskutter 6,0 M9 NGC 6333   60px Bolvormige sterreswerm 26 Slangdraer 9,0 M10 NGC 6254   60px Bolvormige sterreswerm 13 Slangdraer 7,5 M11 NGC 6705 Wilde-eendsterreswerm 60px Oop sterreswerm 6 Skild 7,0 M12 NGC 6218   60px Bolvormige sterreswerm 18 Slangdraer 8.0 M13 NGC 6205 Groot Bolvormige Sterreswerm in Hercules 60px Bolvormige sterreswerm 22 Hercules 5,8 M14 NGC 6402   60px Bolvormige sterreswerm 27 Slangdraer 9,5 M15 NGC 7078 60px Bolvormige sterreswerm 33 Vlieënde Perd 7,5 M16 NGC 6611 Arendnewel 30px Newel, H II-streek met sterreswerm 7 Slang 6,5 M17 NGC 6618 Omega-, Swaan-, Hoefyster- of Kreefnewel 60px Newel, H II-streek met sterreswerm 5 Boogskutter 6,0 M18 NGC 6613   60px Oop sterreswerm 6 Boogskutter 8,0 M19 NGC 6273   60px Bolvormige sterreswerm 27 Slangdraer 8,5 M20 NGC 6514 Driepuntnewel 60px Newel, H II-streek met sterreswerm 5,2 Boogskutter 6,3 M21 NGC 6531   60px Oop sterreswerm 3 Boogskutter 7,0 M22 NGC 6656 Boogskutter-sterreswerm 60px Bolvormige sterreswerm 10 Boogskutter 5,1 M23 NGC 6494   60px Oop sterreswerm 4,5 Boogskutter 6,0 M24 IC 4715 Boogskutter-sterrewolk 60px Melkweg-sterrewolk 10,0 Boogskutter 4,6 M25 IC 4725   60px Oop sterreswerm 2 Boogskutter 4,9 M26 NGC 6694  60px Oop sterreswerm 5 Skild 9,5 M27 NGC 6853 Handgewignewel 60px Planetêre newel 1,25 Vos 7,5 M28 NGC 6626   60px Bolvormige sterreswerm 18 Boogskutter 8,5 M29 NGC 6913   60px Oop sterreswerm 7,2 Swaan 9,0 M30 NGC 7099   60px Bolvormige sterreswerm 25 Steenbok 8,5 M31 NGC 224 Andromeda-sterrestelsel 60px Spiraalsterrestelsel 2 500 Andromeda 3,4 M32 NGC 221   60px Elliptiese dwergsterrestelsel 2 900 Andromeda 10,0 M33 NGC 598 Driehoeksterrestelsel60px Spiraalsterrestelsel 2 810 Driehoek 5,7 M34 NGC 1039  60px Oop sterreswerm 1,4 Perseus 6,0 M35 NGC 2168  60px Oop sterreswerm 2,8 Maagd 5,5 M36 NGC 1960  60px Oop sterreswerm 4,1 Koetsier 6,5 M37 NGC 2099  60px Oop sterreswerm 4,6 Koetsier 6,0 M38 NGC 1912  60px Oop sterreswerm 4,2 Koetsier 7,0 M39 NGC 7092  60px Oop sterreswerm 0,8 Swaan 5,5 M40   Winnecke 460px Dubbelster WNC4 0,5 Groot Beer 9,0 M41 NGC 2287  60px Oop sterreswerm 2,3 Groot Hond 4,5 M42 NGC 1976 Orionnewel60px Newel, H II-streek 1,6 Jagter 4,0 M43 NGC 1982 De Mairan se Newel60px Newel, H II-streek(deel van Orion-newel) 1,6 Jagter 7,0 M44 NGC 2632 Byekorfsterreswerm60px Oop sterreswerm 0,6 Kreef 3,7 M45   Plejades60px Oop sterreswerm 0,4 Bul 1,6 M46 NGC 2437  60px Oop sterreswerm 5,4 Agterdek 6,5 M47 NGC 2422  60px Oop sterreswerm 1,6 Agterdek 4,5 M48 NGC 2548  60px Oop sterreswerm 1,5 Noordelike Waterslang 5,5 M49 NGC 4472  60px Elliptiese sterrestelsel 60 000 Maagd 10,0 M50 NGC 2323  60px Oop sterreswerm 3 Eenhoring 7,0 M51 NGC 5194, NGC 5195 Draaikolksterrestelsel60px Spiraalsterrestelsel 37 000 Jaghonde 8,4 M52 NGC 7654  60px Oop sterreswerm 7 Kassiopeia 8,0 M53 NGC 5024   60px Bolvormige sterreswerm 56 Berenike se Hare 8,5 M54 NGC 6715  60px Bolvormige sterreswerm 83 Boogskutter 8,5 M55 NGC 6809  60px Bolvormige sterreswerm 17 Boogskutter 7,0 M56 NGC 6779   60px Bolvormige sterreswerm 32 Lier 9,5 M57 NGC 6720 Ringnewel 60px Planetêre newel 2.3 Lier 8,8 M58 NGC 4579  60px Staafspiraalsterrestelsel 60 000 Maagd 11,0 M59 NGC 4621  60px Elliptiese sterrestelsel 60 000 Maagd 11,5 M60 NGC 4649   60px Elliptiese sterrestelsel 60 000 Maagd 10,5 M61 NGC 4303   60px Spiraalsterrestelsel 60 000 Maagd 10,5 M62 NGC 6266   60px Bolvormige sterreswerm 22 Slangdraer 8,0 M63 NGC 5055 Sonneblomsterrestelsel 60px Spiraalsterrestelsel 37 000 Jaghonde 8,5 M64 NGC 4826 Swartoogsterrestelsel 60px Spiraalsterrestelsel 12,000 Berenike se Hare 9,0 M65 NGC 3623 Leeu-drieling 60px Staafspiraalsterrestelsel 35 000 Leeu 10,5 M66 NGC 3627 Leeu-drieling 60px Staafspiraalsterrestelsel 35 000 Leeu 10,0 M67 NGC 2682   60px Oop sterreswerm 2,25 Kreef 7,5 M68 NGC 4590  60px Bolvormige sterreswerm 32 Noordelike Waterslang 9,0 M69 NGC 6637   60px Bolvormige sterreswerm 25 Boogskutter 9,0 M70 NGC 6681   60px Bolvormige sterreswerm 28 Boogskutter 9,0 M71 NGC 6838  60px Bolvormige sterreswerm 12 Pyl 8,5 M72 NGC 6981   60px Bolvormige sterreswerm 53 Waterdraer 10,0 M73 NGC 6994   60px Asterisme   Waterdraer 9,0 M74 NGC 628   60px Spiraalsterrestelsel 35 000 Visse 10,5 M75 NGC 6864   60px Bolvormige sterreswerm 58 Boogskutter 9,5 M76 NGC 650, NGC 651 Klein Handgewignewel 60px Planetêre newel 3,4 Perseus 10,1 M77 NGC 1068 Cetus A 60px Spiraalsterrestelsel 60 000 Walvis 10,5 M78 NGC 2068   60px Diffuse newel 1,6 Jagter 8,0 M79 NGC 1904   60px Bolvormige sterreswerm 40 Haas 8,5 M80 NGC 6093   60px Bolvormige sterreswerm 27 Skerpioen 8,5 M81 NGC 3031 Bode se Sterrestelsel 60px Spiraalsterrestelsel 12 000 Groot Beer 6,9 M82 NGC 3034 Sigaarsterrestelsel 60px Steruitbarsting-sterrestelsel 11 000 Groot Beer 9,5 M83 NGC 5236 Suidelike Vuurwielsterrestelsel 60px Staafspiraalsterrestelsel 10 000 Noordelike Waterslang 8,5 M84 NGC 4374   60px Lensvormige sterrestelsel 60 000 Maagd 11,0 M85 NGC 4382   60px Lensvormige sterrestelsel 60 000 Berenike se Hare 10,5 M86 NGC 4406   60px Lensvormige sterrestelsel 60 000 Maagd 11,0 M87 NGC 4486 Virgo A 60px Elliptiese sterrestelsel 60 000 Maagd 11,0 M88 NGC 4501   60px Spiraalsterrestelsel 60 000 Berenike se Hare 11,0 M89 NGC 4552   60px Elliptiese sterrestelsel 60 000 Maagd 11,5 M90 NGC 4569   60px Spiraalsterrestelsel 60 000 Maagd 11,0 M91 NGC 4548   60px Staafspiraalsterrestelsel 60 000 Berenike se Hare 11,0 M92 NGC 6341   60px Bolvormige sterreswerm 26 Hercules 7,5 M93 NGC 2447   60px Oop sterreswerm 4,5 Agterdek 6,5 M94 NGC 4736   60px Spiraalsterrestelsel 14 500 Jaghonde 9,5 M95 NGC 3351   60px Staafspiraalsterrestelsel 38 000 Leeu 11,0 M96 NGC 3368   60px Spiraalsterrestelsel 38 000 Leeu 10,5 M97 NGC 3587 Uilnewel 60px Planetêre newel 2,6 Groot Beer 9,9 M98 NGC 4192   60px Spiraalsterrestelsel 60 000 Berenike se Hare 11,0 M99 NGC 4254   60px Spiraalsterrestelsel 60 000 Berenike se Hare 10,5 M100 NGC 4321   60px Spiraalsterrestelsel 60 000 Berenike se Hare 10,5 M101 NGC 5457 Vuurwielsterrestelsel 60px Spiraalsterrestelsel 27 000 Groot Beer 7,9 M102 (Nie beslissend geïdentifiseer)           M103 NGC 581   60px Oop sterreswerm 8 Kassiopeia 7,0 M104 NGC 4594 Sombrerosterrestelsel 60px Spiraalsterrestelsel 50 000 Maagd 9,5 M105 NGC 3379   60px Elliptiese sterrestelsel 38 000 Leeu 11,0 M106 NGC 4258   60px Spiraalsterrestelsel 25 000 Jaghonde 9,5 M107 NGC 6171   60px Bolvormige sterreswerm 20 Slangdraer 10,0 M108 NGC 3556   60px Staafspiraalsterrestelsel 45 000 Groot Beer 11,0 M109 NGC 3992   60px Staafspiraalsterrestelsel 55 000 Groot Beer 11,0 M110 NGC 205   60px Elliptiese dwergsterrestelsel 2 200 Andromeda 10,0 Messier-nommer NGC-nommer Algemene naamFoto Tipe voorwerp Afstand (kilo-ligjare) Sterrebeeld Skynbare magnitude

Kaart van Messier-voorwerpe frame|senter

Sien ook 20px Sterrekundeportaal Charles Messier

Verwysings

Eksterne skakels Messier-database van SEDS Tabel van Messier-voorwerpe Charles Messier se oorspronklike katalogus Foto's van die 110 Messier-voorwerpe by 2MASS. 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Sterrekundige katalogusse