Can Tho (Viëtnamees: Cần Thơ) is 'n stad in die suide van Viëtnam. Die stad het 'n bevolking van 1 121 000 gehad en is die vierde grootste stad van die land ná die hoofstad Hanoi, Ho Chi Minh-stad en Hai Phong. Can Tho is geleë net suid van die grens tot Kambodja en suidwes van Ho Chi Minh-stad. Die stad lê aan die monding van die Mekongrivier in die Suid-Chinese See.
Kategorie:Nedersettings in Viëtnam