Chittagong (Bengaals: চট্টগ্রাম, Caṭṭagrām, Chattagram), amptelik Chattogram, is 'n stad in die ooste van Bangladesj. Die stad het 'n bevolking van 8 440 000 in 2016 gehad en is die tweede grootste stad van die land ná die hoofstad Dhaka. Chittagong is geleë net wes van die land se grens met Indië en Mianmar. Die stad lê aan die Golf van Bengale naby die monding van die Ganges- en Brahmaputra-riviere in die Indiese Oseaan.
Sport Chittagong beskik met die M.A. Aziz- en Zohur Ahmed Chowdhury-stadion oor twee toetskrieketstadions. Die Bengaalse nasionale krieketspan speel van sy tuiswedstryde in die stad. Op die Zohur Ahmed Chowdhury-stadion is onder andere wedstryde tydens die Krieketwêreldbeker 2011 en die T20I-wêreldbeker 2014 aangebied.
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf
Kategorie:Kusstede Kategorie:Nedersettings in Bangladesj Kategorie:Voormalige Portugese kolonies