Die Goue slaper (Hypseleotris cyprinoides) is 'n vis wat voorkom aan die kus van KwaZulu-Natal noordwaarts tot by die Kosibaai. In Engels staan die vis bekend as die Golden sleeper.
Voorkoms Die stertvin is bolrond en die vis is half deurskynend met 'n goue skynsel. Daar is 'n breë bruin band oor die lengte van die vis; van die bek tot by die basis van die stertvin. Die vis word tot 77 mm lank.
Habitat Die vis leef in vlak areas met plantegroei in varswater strome wat in strandmere invloei. Hulle vreet muskiete en ander insekte. Die vis kan oorleef in akwariums.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.
Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Hypseleotris-cyprinoides.html
Kategorie:Beenvisse