Die breëkopslaper (Eleotris melanosoma) is 'n vis wat voorkom aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die Transkei. Die vis kom ook voor in die Indiese-Pasifiese area. In Engels staan dit as die broadhead sleeper bekend.
Voorkoms Die vis is donkerbruin tot swart van kleur en het partykeer 'n reeks horisontale lyne op die lyf en word tot 170 mm lank. Die vis het 'n groot bek.
Habitat Die vis is geheimsinnig en leef op modderige gedeeltes van strandmere en wortelboom-moerasse en partykeer ook in varswater.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.
Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Eleotris-melanosoma.html
Kategorie:Beenvisse