Eleotridae (slapers) is 'n vis-familie van die orde Perciformes. Die familie leef op die bodem en het twee aparte dorsale vinne. Dit is 'n redelike groot familie van 150 spesies wat voorkom in vlak kuswaters, strandmere en partykeer varswater. Drie van die spesies kom voor in Suider-Afrika.

Genera Die volgende genera en gepaardgaande spesies is deel van die familie: Eleotris Eleotris fusca - Donkerslaper Eleotris melanosoma - Breëkopslaper

Hypseleotris Hypseleotris cyprinoides - Goue slaper

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron

A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.

Verwysings

Kategorie:Beenvisse