Vyfster: Die Slot is 'n Afrikaanse rolprent wat in 1985 vrygestel is. Die rolprent volg die suksesvolle TV-reeks Vyfster II op. Dieselfde regisseur, draaiboekskrywers en akteurs wat in die TV-reeks gebruik is, was ook by die rolprent betrokke. Baie mense was ontstoke oor die TV-reeks se stomp einde en die blatante advertering van die rolprent vir diegene wat wou weet hoe die storie ten einde loop.Kykers ontstoke oor Vyfster se einde, Die Burger, 15 Augustus 1986'Vyfster' se driester-slot, Die Burger, 23 September 1986
Genre Die rolprent is 'n drama. Dit het geen ouderdomsperk nie, maar ouerleiding word vir jong kinders aanbeveel.
Hoofrolspelers George Ballot as Skollie Patrick Mynhardt as Pappa Emgee Pretorius as Priester Werner Roberts as Johnny Paul Eilers as Polka En andere.
Storielyn Waar die TV-reeks Vyfster II ophou, begin die fliek, Vyfster, Die Slot...
Skollie (George Ballot) is weer op vrye voet maar met net een brandende begeerte: om sy seuntjie, Johnny (Werner Roberts) weer te sien. Maar die wêreld buite die tronk is anders as wat Skollie onthou. In die tronk sit Pappa (Patrick Mynhardt) weer sy getroue trawante soos Priester (Emgee Pretorius) en Polka (Paul Eilers) aan die werk om Skollie te keer dat hy nie by sy seun uitkom nie. Hiervoor sal Pappa sorg, al moet hy Skollie ook vermoor - en sy seuntjie as lokaas gebruik.
Vir Skollie is daar net een uitweg: as hy weer sy laaitie wil sien, moet hy by die wortel van die kwaad uitkom – Pappa. Maar om by Pappa uit te kom moet Skollie weer terug in die tronk kom – ongesiens. En as hy Pappa kry, weet Skollie: dis sy lewe vir die van Pappa.
Sien ook Lys van Afrikaanse rolprente
Verwysings
Kategorie:Afrikaanse rolprente Kategorie:Dramarolprente Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprente