Die Omorivier is 'n rivier in die suide van Ethiopië. Dit ontspring in die hooglande suid van die hoofstad Addis Abeba, vloei suidwaarts en mond uit in die Turkanameer. Dit is verantwoordelik vir 90 persent van die meer se invloei. Die laer vallei van die Omorivier is in 1980 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys.
Bron Africa's Great Rift Valley Nigel Pavitt. 2001.
Eksterne skakels
Amptelike Unesco-bladsy
Kategorie:Riviere in Ethiopië Kategorie:Wêrelderfenisgebiede in Ethiopië