Gerhard Odendaal is 'n Suid-Afrikaanse akteur, komediant en sanger. Hy is veral bekend vir sy rol as Vaatjie Visagie in kykNET se sepie, Molly en Wors. Odendaal het in 2010 saam met die sanggroep Rolmodelle opgetree.

Odendaal het drama onder leiding van Milla Louw studeer en sodoende sy lisensiaat verkry. Tydens sy opleiding het Willie Esterhuizen sy talent raakgesien en hom 'n akteursgeleentheid in sy produksies aangebied.

Filmogradie Rolprente: Molly en Wors die Movie, 2013 as Vaatjie Visagie Die Laaste Tango, 2013 Stoute Boudjies, 2010 Vaatjie sien sy gat, 2008 as Vaatjie Visagie Poena is Koning, 2007 as Vaatjie Visagie Ouma se Slim Kind, 2007 as Polla Gautengeleng, 2004 as die elektrisiën

TV-optredes: Molly en Wors, 2009-2011 as Vaatjie Villa Rosa, 2007 as Hendrik Boshoff Binnelanders, 2007 as die kroegvlieg Begeertes, 2006 as Vaatjie Scandal (e-TV), 2006 as Barry Dryfsand, 2005 as Koos Roets Amalia, 2005 7de Laan, 2004 as die kroegman

Eksterne skakels Vaatjie se tuisblad

Kategorie:Suid-Afrikaanse akteurs Kategorie:Suid-Afrikaanse komediante