Carien Botha (gebore 10 September 1987) is 'n Suid-Afrikaanse aktrise. Sy is veral bekend vir haar rol as Blapsie in verskeie produksies, soos die kykNET-sepie Molly en Wors asook rolprente soos Poena is Koning, Vaatjie sien sy gat en Stoute Boudjies.
Botha het al in die laerskool begin sing en toneelspeel en sy voer haar eerste solovertoning op die ouderdom van 11 op. Sy tree ook tydens haar hoërskooljare in Hoërskool Oos-Moot in verskeie produksies op, onder andere The Sound of Music in die Staatsteater. Tydens haar matriekjaar in 2005 vertolk sy die rol van een van die skoolmeisies in die Polka.com-advertensie, wat met 'n Pendoring-toekenning bekroon is.Profiel op kyknet.dstv.com , besoek op 25 September 2012
Filmografie Rolprente: Molly en Wors die Movie, 2013 as Blapsie Visagie Stoute Boudjies, 2010 as Blapsie Vaatjie sien sy gat, 2008 as Blapsie Poena is Koning, 2007 as Blapsie
TV-programme: Molly en Wors as Blapsie Begeertes
Verwysings
Eksterne skakels Carien Botha se Facebook-blad
Kategorie:Suid-Afrikaanse aktrises Kategorie:Suid-Afrikaanse aktrises van die 21ste eeu Kategorie:Geboortes in 1987 Kategorie:Lewende mense