Die Rooistert-ghieliemientjie (Barbus gurneyi) is 'n varswater vis wat voorkom in KwaZulu-Natal. In Engels staan dit bekend as die Redtail barb.

Voorkoms Die vis is bruin en die skubbe het donker rante. Daar is 'n dun donker band op die sye tot by die basis van die stert. Die vinne is liggeel. Die vis word tot 100 mm lank. Daar is twee pare baarde by die mond.

Verspreiding Die vis kom voor in die Umtamvunarivier en verder noordwaarts tot by die Tugelarivier in KwaZulu-Natal.

Habitat Die vis leef in water wat tussen 300 – 1000 m hoog is bo seevlak. Hulle verkies helder strome om in te leef.

Algemeen Die vis is geskik vir koue water akwariums en visdammetjies.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.

Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Barbus-gurneyi.html

Kategorie:Beenvisse