Milad-toring 220px

Ligging Teheran, Iran

160px

Funksie TelevisietoringRestaurantKonferensiesentrumHotelUitkykplatform

Opgerig 2000–2007

Tegniese gegewens Hoogte: 435 m Uitkykplatforms: 250-315 m 160px Materiaal: Staal en beton

Die Milad-toring (ook bekend as Borj-e Milad , Farsi: برج میلاد ) is 'n televisie- en kommunikasietoring in die Iranse hoofstad Teheran. Die toring is tussen 2000 en 2007 in opdrag van die Teheranse stadsregering aan die grens tussen die stadsdistrikte Shahrak-e Gharb en Gisha opgerig en in 2008 geopen. Dit is met 'n hoogte van 435 meter (insluitende die antenne) die hoogste toring in Iran en tans die sesde hoogste televisietoring ter wêreld. Die toring het 'n hoofgebou met twaalf verdiepings waarvan die dak op 'n hoogte van 315 m geleë is. Dit kan deur middel van trappe of hysbakke bereik word. Die toring se agthoekige basis versinnebeeld tradisionele Persiese boukuns.

Die Milad-toring maak deel uit van die Tehran International Trade and Convention Centre wat naas die telekommunikasietoring, restaurante met 'n panoramiese uitsig oor Teheran, 'n vyfsterhotel, 'n konferensiesentrum, 'n wêreldhandelsentrum en 'n inligtingstegnologiepark insluit. Dit beskik verder oor 'n parkeerplek van 27 000 m², 'n groot rekenaar- en telekommunikasie-eenheid, 'n kulturele en wetenskaplike sentrum, 'n vertoonlokaal vir uitstallings, 'n gespesialiseerde biblioteek en 'n administratiewe eenheid.

Eksterne skakels Amptelike webtuiste

Kategorie:Teheran Kategorie:Televisietorings