Labeobarbus (Geelvis) is 'n genus van visse wat aan die familie Cyprinidae behoort. Die spesies wat tot hierdie genus hoort is almal groot en lewe lank. Die voorkoms tussen spesies en selfs in dieselfde spesie verskil drasties, veral die mond en lippe. Geelvis is 'n gewilde hengelvis. Hulle swem stroomop om te broei, gewoonlik op gruis beddings.
Spesies Spesies wat hoort tot die genus en voorkom in Suider-Afrika: Labeobarbus aeneus - Kleinbek-geelvis Labeobarbus capensis - Clanwilliam-geelvis Labeobarbus codringtonii - Bo-Zambezi-geelvis Labeobarbus kimberleyensis - Grootbek-geelvis Labeobarbus marequensis - Laeveld grootskub-geelvis Labeobarbus natalensis - KwaZulu-Natalse geelvis Labeobarbus polylepis - Bosveld kleinskub-geelvis
Sien ook
Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001.
Kategorie:Beenvisse